Rassisme is nie die probleem nie

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede sê die meerderheid van Suid-Afrikaners stem saam dat bewerings van rassisme as ‘n verskoning gebruik word om hulle mislukkings toe te smeer. Dit is gebaseer op data van ‘n peiling wat die organisasie gedoen het. Die instituut het ‘n nuwe inisiatief, Racism is not the Problem, van stapel gestuur. ‘n Navorser van die organisasie, Gabriel Crouse, sê die veldtog is ‘n teenvoeter vir aanhitsers van rassehaat, politici en indiwidue wat oordrewe bewerings van rassisme uitbuit en voordeel daaruit probeer trek: