Biden waarsku kernrisiko die hoogste sedert Kuba se missielkrisis

Die Amerikaanse President Joe Biden waarsku teen ‘n groot kernrisiko en sê dit is nou op die gevaarlikste punt sedert die Kubaanse missielkrisis van 1962. Hy het ondersteuners van sy Demokratiese Party in Manhattan toegespreek. Biden sê sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, was ernstig toe hy die moontlikheid geopper het om taktiese kernwapens te gebruik na terugslae in Oekraïne. Biden skryf dit toe aan die feit dat Moskou se weermag merkbaar onder-presteer. Putin het verlede week gesê die VSA het ‘n presedent geskep tydens die Tweede Wêreldoorlog toe hy kernwapens teen Japan gebruik het.