Mpumalanga-LUR sê opsystaanreël moet gewysig word

Mpumalanga se nuut-aangestelde LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Mandla Msibi, sê ‘n klousule in die ANC se opsystaanreël moet reggestel word. Msibi moes opsystaan nadat hy tereg gestaan het op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord, maar die saak is voorlopig teruggetrek. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Msibi vandag heraangestel in die uitvoerende raad. Msibi sê hy is verheug om terug te wees by die werk.