Biden verdedig steeds situasie in Afghanistan

Die onttrekking van Amerikaners en Afghaanse burgers wat die Amerikaanse magte bygestaan het, duur voort vanaf Kaboel in Afghanistan. President Joe Biden se administrasie gaan gebuk onder kritiek oor wat beskryf word as chaos maar, Biden het aan Amerikaanse media gesê sy regering is in samesprekings met die Taliban. Hy het ook weer beklemtoon dat die onttrekking van troepe die regte besluit was.