Nuwe cholera-stam by mark in Wuhan bevestig

Die ontdekking van ‘n bakterie wat cholera veroorsaak by ‘n student in die Chinese stad Wuhan, het inwoners op hul senuwees. Die stam, Vibrio cholerae O139, is ook gevind in sagtedop-skilpaaie wat by die mark te koop is. Dit is dieselfde mark wat moontlik die oorsprong van Covid was. Owerhede het die verkoper van die skilpaaie se winkel gesluit en ontsmet. Die eerste Covid-gevalle aan die einde van 2019 was verbind met die mark in Wuhan. Die oorsprong is nog nooit bepaal nie maar dit bly ‘n bron van spanning tussen China en die Verenigde State.