Biden sê daar’s vooruitsigte vir Armageddon

Amerikaanse President Joe Biden sê Russiese President Vladimir Putin se dreigement om kernwapens te gebruik is die grootste sulke bedreiging sedert die Kubaanse missielkrisis. In sy mening moet Putin se dreigement ernstig opgeneem word omdat hy in ‘n hoek gedruk is en ook dat hy erge terugslae in die Oekraïne beleef. Biden waarsku dat Putin nie ‘n grap maak wanneer hy praat oor die moontlike gebruik van taktiese kernwapens of biologiese of chemiese wapens nie. Biden sê dit is in werklikheid ‘n vooruitsig van Armageddon. Intussen sê kenners dat Navo en die VSA moontlik sal reageer sou Putin kernwapens gebruik. Tot dusver het Navo en die VSA net toerusting en opleiding verskaf aan die Oekraïne.