Skietvoorvalle in Kaap wek ook kommer, nes in Gauteng

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het die jongste bendeverwante skietery veroordeel. Twee mense is in Prins George-weg in Steenberg, Kaapstad, doodgeskiet en vier gewond. Die skietery volg ná een in Kampsbaai wat twee lewens geëis het. Allen sê hierdie voortslepende skietvoorvalle wys misdadigers het geen respek vir lewens of die wet nie: