Bibi vat hom met 64 setels in die Knesset

Israel se premier Yair Lapid het Benjamin Netanyahu gelukgewens met sy verkiesingsoorwinning. Die finale uitslae toon dat Bibi 64 setels uit die 120 in die Knesset op hom verenig. Netanyahu se oorwinning maak ‘n einde aan ‘n ongekende dooiepunt in Israel ná vyf verkiesings in minder as vier jaar. Hierdie keer het Netanyahu, die dominante Israeliese politikus van sy generasie, ‘n duidelike parlementêre meerderheid gewen, aangemoedig deur ultranasionalistiese en godsdienstige partye. Netanyahu moet nog amptelik deur die president die opdrag kry om ‘n regering te vorm, ‘n proses wat weke kan duur.