Iga is baie tevrede met haar spel

Die wêreld se nommer een, Iga Swiatek van Pole, het haar plek in die halfeindstryd van die WTA-eindtoernooi in Fort Worth bespreek. Sy het net vyf potte afgestaan in haar oorwinning van 6-3, 6-2 oor Caroline Garcia van Frankryk. Die agste gekeurde, Daria Kasatkina van Rusland, het die eerste keer in haar loopbaan ʼn wedstryd by die WTA-eindtoernooi gewen met ʼn oorwinning in die rondomtalie-rondes van 7-6, 6-3 oor Coco Gauff van Amerika, wat beteken sy kan nog vir die halfeindstryd kwalifiseer. Swiatek is baie tevrede met haar spel vanjaar: