Bibber weer oor dele van Suid-Afrika

Groot dele van Suid-Afrika het bibber weer vanoggend nadat nog sneeu oor dele van
die Oos-Kaap, Lesotho en die Drakensberge geval het. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens
het ook wydverspreide buie oor Gauteng, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel.
Lesotho se Afriski-bergoord is in ‘n wintersprokiesland omskep toe meer as tien
sentimeter se sneeu sedert gister oor die gebied geval het.