Bezuidenhout wil SA Ope wen

Gholf: Die Suid-Afrikaanse Ope het nog ʼn sterk veld gelok vir môre se eerste ronde met Thriston Lawrence wat terug is om sy titel te verdedig. Die toernooi word die tweede agtereenvolgende jaar by die Blair Atholl gholf- en perdelandgoed buite Johannesburg gehou. Vorige kampioene soos Christiaan Bezuidenhout, Daniel van Tonder en Hennie Otto neem deel, asook die major-wenner Charl Schwartzel en verlede week se wenner van die Joburg Ope, Dean Burmester. Bezuidenhout sê hy hoop om te wen.