Cop28 kan goeie uitkoms hê: Al Jaber

’n Onvoorsiene uitkoms is wel binne bereik, om die hoop te versterk vir die beperking van globale temperatuurstygings tot 1,5 grade Celsius. Dit is die mening van sultan Al Jaber, wat die samesprekings sal lei namens die Cop28-klimaatberaad-gasheerland, die Verenigde Arabiese Emirate. In ‘n onderhoud sê hy, aansienlike vordering is die afgelope weke gemaak, met lande wat ‘n belangrike mylpaal bereik het oor klimaatfinansiering. Meer as 70 000 afgevaardigdes, ministers en hooggeplaaste amptenare van 198 lande sal na verwagting die beraad bywoon wat môre in Dubai begin.