Junie-bouplanne bereik laagtepunt

Goedgekeurde bouplanne in die hoofstad het in Junie ‘n laagtepunt vir die jaar bereik met net 119 wat in die maand goedgekeur is. Die syfer is ook amper 56 persent laer as die 187 goedgekeurde planne in Mei. Die waarde van Junie se bouplanne het met 25,7 persent teenoor Mei gedaal na 128,4 miljoen Namibiese dollar. IJG Sekuriteite, wat die ontleding maandeliks doen, sê die waarde van die 1 127 goedkeurings in die eerste helfte van die jaar staan op 941,5 miljoen dollar, 28,7 persent beter vergeleke met dieselfde periode verlede jaar maar, die inperkings wat in 2020 van toepassing was maak die styging moontlik.