Bewerings oor heffing vir sonkrag-gebruikers weerlê

Die energiekenner, Chris Yelland, het bewerings verwerp dat Eskom ‘n bedrag van 900 Suid-Afrikaanse rand gaan hef vir gebruikers van sonkragstelsels. Dit volg na berigte dat die kragvoorsier ‘n nuwe plan gaan voorlê vir koste-reflekterende tariewe, wat daartoe kan lei dat sonkraggebruikers meer moet betaal vir sy dienste. Yelland het gesê ‘n vaste komponent-tarief sal toegepas word, ongeag of die verbruiker sonkrag gebruik of nie.