Koedoe in draadstrik in Mahango-wildpark ontdek

Wildstropery is ‘n reuse-uitdaging in Namibië. Die Namibiese professionele jagter, Jofie Lamprecht, het vandag in die Mahango-wildpark in die Bwabwata Nasionale Park in die noordooste op ‘n koedoebul in ‘n draadstrik afgekom. Lamprecht gesels met Kosmos 94.1 Nuus.