Agt mense in betogings in Manzini dood

Minstens agt mense is in Manzini dood ná die polisie en weermag Woensdag pro-demokratiese betogers in Eswathini geteiken het wat die land se aandklokreël oortree het. Nog 28 mense is ernstig beseer, berig Suid-Afrikaanse media. Die betogers eis dat die koning verwyder word.