Bannerman Energy hoopvol oor toekoms

Bannerman Energy het deur ‘n uitgebreide omvangstudie vasgestel dat produksie by sy beoogde Etango-uraanmyn in Erongo byna kan verdubbel, en dat die myn se bedryfslewe van 15 tot 27 jaar gerek kan word. Bannerman is ‘n uraanontwikkelingsbesigheid met bedrywighede in Australië en Namibië. Sy vlagskipbate, die Etango Uraan-projek, is suid-oos van Swakopmund geleë. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Matjiua Hengua, die senior belange-groep verhoudingsadviseur by Bannerman Mining Resources Namibia, wat sê dat die uitbreiding van die mynbou verskeie werksgeleenthede sal verseker.