ANC wys (weer) Bathabile Dlamini se appèl van die hand

Die ANC se verkiesingskomitee het Bathabile Dlamini se appèl van die hand gewys nadat hulle haar gediskwalifiseer het om vir ‘n top-posisie in die nasionale uitvoerende komitee te staan. Dit kom voor die 55-ste Nasionale Verkiesingskonferensie wat by Nasrec plaasvind. Dlamini en Tony Yengeni is albei weens vorige veroordelings gediskwalifiseer om vir NUK-posisies te staan. Yengeni se appèl was suksesvol nadat die komitee glo bewyse ontvang het dat sy misdaadrekord geskrap is.