Bevindinge oor klimaatsverandering moet SA laat wakker skrik

Die DA sê die bevindinge van die Verenigde Nasies se Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering met die titel Klimaatsverandering 2021: Die Fisiese Wetenskaplike Grondslag behoort Suid-Afrikaners te laat wakker skrik. ‘n DA-parlementslid, Dave Bryant, sê op grond van hierdie bevindinge sal hulle voortgaan om druk uit te oefen vir groter verskeidenheid in Suid-Afrika se energie-model te kry met die grootste klem op herwinbare bronne. Bryant sê die regering moet druk uitoefen vir ‘n groter fokus op klimaats-finansiering vir Suid-Afrika.