Stad Ekurhuleni se luggehaltebestuur beskikbaar vir openbare raadpleging

Die Stad Ekurhuleni het sy konsep-verordening vir luggehaltebestuur goedgekeur en dit is tans beskikbaar vir openbare raadpleging. Die verordening volg op raadpleging met relevante departemente. Die stad het die behoefte uitgeken om sy eie verordening in te stel en sodoende aandag te kan skenk aan aangeleenthede wat verband hou met die hoë vlakke van lugbesoedeling in nywerhede, voertuie, stof, oop brande, landboubedrywighede, bespuiting van plaagdoders en spuitverf-uitstralings.