Studente ly weens vertraging van betaling van Studentefonds

Daar is ‘n vertraging in die betaling van onderrig- en nie-onderrigfooie vir studente wat deur die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente befonds word. Dit bring frustrasie mee onder studente wat sedert die begin van Julie wag. Met die aanlynklasse wat vir tersiêre studente begin het, het dit ‘n verwoestende impak op hulle weens ‘n gebrek aan fondse. Penda Nakawa, woordvoerder van die studente, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle sal die fonds twee of drie dae gee om met ‘n plan vorendag te kom, voor die studente met ‘n protesoptog deur die strate begin.

Nakawa het gesê die studente ly sonder hierdie fondse. Hy het gesê sommige studente kan dit nie bekostig om vir hul akkommodasie te betaal nie.