Beurtwater in Johannesburg skep uitdaging vir hospitale

Verskeie hospitale in Johannesburg is geraak deur die waterbeperkings wat vandeesweek geïmplementeer is. Johannesburg Water het wateronderbrekings vir 11 dae aangekondig. Die hospitale sit al langer as ’n week sonder vaste watertoevoer en die impak is volgens berigte verwoestend. Daynia Ballot, die hoof van die Skool vir Kliniese Geneeskunde aan die Wits Universiteit, sê die higiëne van personeel en pasiënte is benadeel: