Landbou het hervorming nodig maar vooruitsigte is rooskleurig

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, is positief oor die toekoms van die landbousektor. Schlettwein was ‘n spreker by die Namibiese Landbou-unie se Landbou-vooruitskouingskonferensie in die hoofstad en sê beleids- en institusionele hervormings is nodig vir die sektor. Oor onder-presterende instellings in die sektor, met verwysing na Meatco, sê die minister dit moet dringend aangespreek word om waarde te realiseer en boere beter te dien. Schlettwein sê ondanks uitdagings soos die droogtes en Covid-19, is daar groot potensiaal in die landbousektor.