Beurtkrag, sonkrag en SA se mediese dienste

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê die aanbring van sonkragstelsels in groot hospitale sal gegrond word op uitvoerbaarheidstudies en begrotingsbeskikbaarheid. Hy het die opmerkings gemaak terwyl die beurtkragkrisis steeds ‘n groot risiko inhou vir gesondheidswerkers se vermoë om hul pligte te kan uitvoer. Die tegnologie sal gebruik word om teaters, intensiewe sorgeenhede en hoëtegnologie- en gevorderde toerusting aan te dryf. Phaahla sê die doel is om alle gesondheidsorg-geriewe, veral dié wat 24 uur werksaam is, vry te stel van beurtkrag.