Brandstofprys: FAFA sê pryse is wisselvallig

Die Brandstof en Franchise Vereniging verwelkom die daling in die petrolprys van een Namibiese dollar wat môre by brandstofpompe in werking tree. Die dieselprys bly egter onveranderd, waarna die ministerie van myne en energie ná hul aankondiging met vrae oorval is. Die voorsitter van die vereniging Hennie Krüger gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus en maan dat pryse wisselvallig is.