Kwasi maak u-draai, pond herstel effe

Die Verenigde Koninkryk se regering het sy planne laat vaar om die 45 persent topkoers-inkomstebelasting vir die rykste een persent af te skaf. Daar word berig die skielike verandering volg nadat besef is hoeveel Konserwatiewe parlementslede teen die beleid gekant is. Die minister van finansies, Kwasi Kwarteng, sê die besluit om belastingverligting te bied aan mense met ‘n inkomste van 3 miljoen Namibiese dollar of meer, het die aandag afgetrek van die belangrikste kwessies, naamlik om die uitdagings te takel wat die land in die gesig staar: