Beurtkrag nie heeltemal onmoontlik nie

Eskom in die buurland sê hoewel hy beurtkrag vandag sal kan ophef, is daar steeds aansienlike risiko’s by sommige opwekkingseenhede. Hy sê dit kan hom dwing om weer beurtkrag op kort kennisgewing in te stel as daar enige verdere verlies aan opwekkingskapasiteit is. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragreus het die afgelope ses dae se beurtkrag gebruik om herstelwerk aan opwekkingseenhede te doen en sy instandhoudingsprogram voort te sit: