Beurtkrag is SA se woord van die jaar

Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad het ‘beurtkrag’ as Suid-Afrika se woord van die jaar vir 2022 aangewys. Ander terme op die kortlys het Phala Phala, “gaslighting” en xenofobie ingesluit. Beurtkrag het die naaswenner, Phala Phala, met meer as 40 000 inskrywings oortref en is wyd in die media gebruik. Die raad se uitvoerende hoof, Lance Schultz, sê dis nie vreemd dat beurtkrag die woord is wat die meeste gebruik word nie, want die voortslepende kragonderbrekings het mense se lewe die afgelope jaar oorheers.