Dis hoe dit in Windhoek werk as ‘n pyp op jou erf bars

Waterpype wat bars is ‘n probleem in Windhoek met huiseienaars wat vir die naweek vertrek en terugkom na hul huis wat oorstroom is. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, die Stad Windhoek-woordvoerder, gesels oor wat inwoners van Windhoek moet doen wanneer hul waterpype in hul huise en sypaadjies bars. Sy verduidelik wie verantwoordelik is vir die herstel van die waterpype en die koste van die water.