Beleërde Truss stoei voort, sê jammer vir ekonomiese chaos

Dit was chaos in die Britse parlement Maandagmiddag. Die sessie is kort na die aankondiging van die totale ommekeer van premier Liz Truss se ekonomiese plan gehou. Haar nuwe minister van finansies Jeremy Hunt het basies ‘n u-draai op al Truss se verkiesingsbeloftes gemaak. Lede van die parlement wou weet waar Truss is en die leier van die opposisie Arbeidersparty Sir Keir Starmer het sy party se mening oor die debakel so verwoord.

Truss het toe uiteindelik opgedaag sodat Hunt die aankondiging amptelik in die parlement kon doen en later Maandagaand het sy so gereageer op die talle oproepe uit haar eie party dat sy bedank…