Nog standpunte oor die sogenaamde Tembisa-tienling.

‘n Groep Gautengse dokters het Independent Media en dokter Mpho Pooe beskuldig van hoogs onwaarskynlike en lasterlike uitsprake rakende die sogenaamde Tembisa-tienling. Die dokters, verbonde aan Steve Biko Akademiese Hospitaal en Tembisa Hospitaal, sê in ‘n verklaring nie een van hul mediese personeel was vanjaar betrokke by die versorging van ‘n vrou met agt of meer babas nie. Hulle vind ook nie bevestiging dat Pooe as ‘n verloskundige-ginekoloog gekwalifiseer het nie. Independent Media se voorsitter, Iqbal Survé, het vandeesweek beweer twee van die babas het weens nalatigheid gesterf en die res is slagoffers van mensehandel.