Stokvis- en kreefkwotas bekend vir ’23

Die Namibiese kabinet het die totale stokviskwota vir die visvangseisoen van 1 November 2022 tot 30 September 2023 van 154 000 metrieke ton van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne goedgekeur. Die kabinet het ook die ministerie se kreefkwota van 180 metrieke ton goedgekeur vir die seisoen wat geldig is vanaf 1 November 2022 tot 30 April 2023.