EFF sê wêreld kom voor inentingsrassisme te staan

Die adjunk-president van die EFF, Floyd Shivambu, sê die belangrikste kwessie wat deur die 143ste Vergadering van die Interparlementêre Unie bygelê sal word, is die kwessie van gelykheid rondom Covid-inentings. Afrika is steeds die vasteland in die wêreld waar die minste mense teen die virus ingeënt is. Sowat sewe persent van Afrika se 1,3 miljard inwoners is volledig ingeënt, terwyl 54 persent van Noord-Amerika se bevolking ingeënt is. Shivambu sê die wêreld kom nou voor inentings-rassisme te staan.