Namibiese landbouministerie kry hulp van die Afrika Ontwikkelingsbank

Die Namibiese landbouminister het finansiering van die Afrika Ontwikkelingsbank gekry vir die Namibië Lanboumeganisering en Saadverbeteringsprojek. Die ministerie het tenders uitgereik vir die verskaffing van trekkers saam met meegaande implemente en voertoerusting, gesertifiseerde masjiene om saad vooraf skoon te maak en prototipe dorsmasjiene vir mielies en ander gewasse. Die sluitingsdatum vir die tenders is 30 Augustus om elfuur die oggend. Johanna Andowa van die landbouministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.