Betogings in Nieu-Seeland: Regering speel Manilow, betogers speel Twisted Sister

Die owerhede in Nieu-Seeland het watersproeiers en musiek van Barry Manilow op teen-inentingsbetogers buite die parlement in Wellington gerig om hulle te probeer kalmeer. Die betoging duur nou al vyf dae lank. Die land het ‘n nuwe daaglikse rekordgetal van 454 Covid-19-gevalle aangemeld. Die regering probeer dit so ongemaklik as moontlik vir die betogers maak met ‘n klankstelsel wat inentingsboodskappe, liedjies van Barry Manilow en die Macarena, uitbasuin. Die betogers het reageer deur Twisted Sister se 1983-rock kenwysie We’re Not Gonna Take It te speel.