Blade belowe aksie oor korrupsie by vaardigheidsfonds

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, is vasberade om wanadministrasie en korrupsie by die Nasionale Vaardigheidsfonds uit te roei. Nzimande het ‘n maatskappy aangestel om ‘n volskaalse forensiese ondersoek oor die finansiële sake van die fonds te doen. Die ouditeur-generaal het bevind daar kan nie rekenskap van 5 miljard Suid-Afrikaanse rand in twee boekjare gegee word nie. Die minister se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê ondersoeke is aan die gang en Nzimande gaan maandeliks verslae ontvang: