Van Coller gesels oor Wêreldradiodag

Vandag is Wêreldradiodag. Kolie van Coller, die stigter van Kosmos 94.1, het in sy loopbaan verskeie suksesvolle radiostasies begin. Hy het ‘n passie vir uitsaai en beskou dit as sy roeping om in te lig en te vermaak. Van Coller het Kosmos 94.1 begin in 1998 as Kosmos Digitaal op die WorldSpace-satelliet en het inderwaarheid al met digitalisering van radio meer as 20 jaar gelede begin. Kosmos se naam is later verander na Kosmos 94.1 – van ‘n baie klein begin in Wernhil tot een van die mees suksesvolle radiostasies tans in Namibië. Van Coller glo dat jy radio na die mense moet neem, en sodoende neem luisteraars ook spreekwoordelik eienaarskap.