Kandjoze bevestig EU se moontlike samewerking met groen waterstof-projek

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze, het meer inligting gegee oor die Europese Unie se voorlopige ooreenkoms met Namibië om die ontluikende groen waterstof-sektor te ondersteun. Die EU wil sy eie invoere van die brandstof ‘n hupstoot te gee terwyl die blok werk om sy afhanklikheid van Russiese energie te verminder. Kandjoze praat met Kosmos 94.1 Nuus oor moontlike samewerking met die EU.