Betoë vandag in Walvis kokaïensaak

Die kokaïen-smokkelaars van Walvisbaai, Grant Noble en Dinah Azhar, verskyn vandag in die Windhoekse hoërhof vir finale betoë voor vonnisoplegging. Dit volg nadat regter Orben Sibya hulle skuldig bevind het aan dwelmhandel. Die twee het vier jaar gelede probeer om ’n vraghouer met 412 kilogram kokaïen vanaf Brasilië die land in te smokkel. Beide is onskuldig bevind op een klagte van geldwassery. Azhar se borgtog is tydens sy skuldigbevinding teruggetrek.