Beter samewerking tussen regering en burgerlike samewerkingsorganisasies nodig

Die waarnemende uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van justisie, dr. John Shimaneni het vandag die burgerlike samelewingsorganisasies bedank vir hul rol in die stryd teen korrupsie. Hy het veral die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing uitgesonder. Die direkteur-generaal van die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië, Paulus Noa, het vandag die verteenwoordigers van Frankryk en Uganda verwelkom. Hulle gaan Namibië se implementering van die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie vir die tydperk 2016 tot 2021 hersien. Frederico Links van Namibia Fact Check sê aan Kosmos 94.1 Nuus burgerlike samewerkingsorganisasies word meestal deur die regering gekritiseer.