Venaani wil olie-eksplorasie-ooreenkomste onder oë hê

Ná die olie-ontdekking van Namibië en die eerste produksie wat reeds deur die ministerie van myne en energie beplan is, is daar wyd berig dat ‘n geraamde 11 miljard vate in oliereserwes langs Namibië se kuslyn gevind is. As hierdie Namibiese oliebronne volhoubaar gebruik word, kan dit dien as ‘n sterk finansiële reserwe en as ‘n langtermyn spaarplan. Dit is teen dié agtergrond dat McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, ‘n ope brief aan die minister van myne, Tom Alweendo, geskryf het om te versoek dat alle bestaande en nuwe olie-eksplorasie- en ontginnings-ooreenkomste wat deur die ministerie gesluit is, aan die PDM onthul word. Venaani se woordvoerder, Roberto Dirkse, praat met Kosmos 94.1 Nuus.