Betaling aan Kunene-boer is bystand nie kompensasie nie

Die Namibiese omgewingsministerie het meer inligting bekend gemaak oor die betaling van 40 000 Namibiese dollar aan ‘n boer in die Kunene-streek wat 76 kleinvee tydens ‘n leeu-aanval verloor het. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dis nie werklik kompensasie nie maar eerder bystand. Hy verduidelik.