Betaal jou skuld aan Stad Windhoek, of…

Inwoners, ministeries en besighede van die hoofstad skuld Stad Windhoek 1,2 miljard Namibiese dollar. Daarom sal die afdeling vir skuldbestuur begin met die ernstige afdwinging van die stad se krediet-beheerbeleid deur alle dienste op agterstallige rekeninge van 30 dae en ouer vanaf Maandag 19 Junie op te skort. In ‘n kennisgewing van die stad word kliënte versoek om hul munisipale rekeninge te betaal en reëlings te tref om te verhoed dat hul dienste afgesny word. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder Lydia Amutenya gesels…