Bestuurders moet in hul spore trap

Die buurland se vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, sê daar sal geen verdraagsaamheid wees teenoor diegene wat in hierdie feestyd verkeersreëls oortree nie. Sy het die 2023/2024-feestyd se padveiligheidsveldtog amptelik in Tsakane aan die Gautengse Oos-Rand bekend gestel. Vanjaar se veldtog fokus op die uitwerking van alkohol op padgebruikers se gedrag en die bydrae tot die slagting op paaie. Chikunga het ʼn streng waarskuwing uitgereik aan misdadigers wat in hierdie feestyd motoriste langs die land se paaie terroriseer: