Lyk nie of Biden by COP28 sal wees nie

Die Amerikaanse president Joe Biden sal na wat berig word nie die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingkonferensie, COP28, wat Donderdag in Dubai begin, bywoon nie. ’n Amptenaar van die Withuis het aan die New York Times gesê, Biden hanteer tans die eise van die oorlog in die Midde-Ooste en die presidensiële verkiesingsveldtog. Wêreldleiers wat die beraad bywoon, beplan om aan te dring op die wêreld se eerste ooreenkoms om van koolstsof-vrystellende steenkool, olie en gas ontslae te raak. Die beraad word aangebied deur die Verenigde Arabiese Emirate, ‘n groot olie- en gasprodusent.