Regstelsel is ver verwyderd van gemeenskappe

Twee erge gevalle van misdade wat gepleeg word terwyl verdagtes op borg is het die naweek kop uitgesteek. In Omusati, is ‘n 57-jarige man gearresteer vir die moontlike verkragting van ‘n sewe-jarige meisie, terwyl hy op borg is vir dieselfde oortreding. En in Omaheke was daar ‘n reuse-protes teen die verskyning van vermoedelike veediewe, ook op borg vir dieselfde oortredings. Die LPM se woordvoerder Lifalaza Simaata sê die stelsel is ver verwyderd van die gemeenskappe op die grond.