Iata: Afrika se lugdiensbedryf kan einde 2024 wins toon

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging sê Afrika se lugdiensbedryf kan aan die einde van 2024 weer ‘n wins toon. Die vereniging se streeks-visepresident vir Afrika en die Midde-Ooste, Kamil Al-Awadhi, sê Suid-Afrika sloer met sy herstel. Al-Awadhi sê dit is as gevolg van marktoegang en verbindingskwessies in vergelyking met die res van Afrika. Die bedryf het gesukkel om terug te keer na sy eertydse glorie ná die ekonomiese uitwerking van die Covid-pandemie. Al-Awadhi sê daar is besprekings om lugreis-passe in te stel.