Besoekers gemaan teen rob-aanvalle by Kaapse strande

Suid-Afrikaners en besoekers word gemaan om versigtig langs Clifton-strand te wees nadat ʼn rob twee baaiers gebyt het. Lewensredders van die Stad Kaapstad was op die toneel en het die twee slagoffers vir bytwonde behandel. Die DBV het ook reageer maar die baba-rob het verdwyn. ‘n Video is wyd op sosiale media gesirkuleer oor dié rob-aanval. Daar was volgens berigte soortgelyke voorvalle met robbe wat aggressief optree by Houtbaai en Yzerfontein. Baaiers word aangeraai om onmiddellik mediese hulp te kry indien hulle gebyt is, aangesien die wonde lelik kan ontsteek.