SA matrikulante van 2022 kan eksamens herskryf

Die Suid-Afrikaanse departement van onderwys sê verlede jaar se matrikulante kan tot 15 Maart aansoek doen om hul graad 12-eksamens oor te skryf. Matrieks wat hul slaagpunte wil verbeter, moet voor die sperdatum aansoek doen. Wat die hernasien en herkontrolering van antwoordstelle betref wat hulle verlede jaar geskryf het, moet hulle nie later as 3 Februarie daarvoor aansoek doen nie. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê minister Angie Motshekga sal die uitslae amptelik op 19 Januarie bekend maak.