Boere in Omusati begin plant

Met die reënseisoen in ons midde, word gesien hoe Namibiese boere in sommige dele van die land verskillende sade in die grond sit. Een van die baie droë streke in die land, die Omusati-streek het ook redelik reën gekry, genoeg vir boere om te begin plant, sê die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala aan Kosmos 94.1 Nuus.